Nicolene

Na amper 6 jaar is ek opgewonde om my skuld vaarwel te groet!!!! Baie dankie vir alles wat jul by die Helpmekaarfonds vir my en ander gesinslede gedoen het. Ons waardeer dit opreg. Sonder jul sou ek nie wees wat … Read More

Hendrik

Ongeveer ses jaar gelede het ek met my hoed in my hand by julle kom staan vir hulp vir my kind se studies. Julle het dit vir my moontlik gemaak om my kind universiteit toe te stuur. Helpmekaar was een … Read More

Huibrecht

Baie dankie vir al jul hulp en ondersteuning oor al die jare wat ek met jul gewerk het. Julle was nog altyd net gaaf en behulpsaam.

Rosa

Baie dankie vir die volgehoue hulp tydens *J* se studiejare.  Sy het ‘n suksesvolle studieloopbaan agter die rug en dis deels te danke aan die feit dat sy nie finansiële bekommernisse gehad het. Helpmekaar doen beslis wat hul naam se: … Read More

Ursula

Ek het lanklaas so ‘n vriendelike span ontmoet. Ander instansies doen nie soveel moeite om te verduidelik en op te volg nie. Sterkte met alles wat julle doen vir ons kinders.

Leonie

Baie dankie dat julle altyd so vinnig antwoord. Julle effektiwiteit verbyster my altyd. Dis regtig ‘n voorreg om Helpmekaar in ons lewens te hê.

Ruan

Ek wil net uit my hart uit baie baie dankie se vir die rentebeurs. Ek waardeer dit regtig ongelooflik baie en sal die jaar nie teleurstel met my punte nie. Baie dankie vir die geleentheid wat Helpmekaar my bied.

Ursula

Julle sal nooit weet hoeveel julle Helpmekaar fonds beteken vir *R* en ander kinders wat regtig wil studeer nie. God seën elkeen van julle wat werk met hierdie doel om mense te help en te bemagtig.

Lizette

Vandag is dit vir my ‘n groot voorreg om dankie te sê aan Helpmekaar Studiefonds. Dankie is nie genoeg nie, dit weet ek! Maar die fonds maak dit vir baie studente moontlik om hul doelwit in die lewe te bereik. … Read More