Taalbeleid van Helpmekaar Studiefonds | Language Policy of Helpmekaar Studiefonds

Effective Date / Datum van Inwerkingtreding: [27/11/2025]
Approved by / Goedgekeur deur: Arnold Hanekom

Inleiding | Introduction

Artikel 63 van die Nasionale Kredietwet, Nr. 34 van 2005, soos gewysig (“NKW”) bepaal dat ’n verbruiker (kliënt) die reg het om enige dokument wat ingevolge die NKW vereis word (“Kredietdokumentasie”) te ontvang in ’n amptelike taal wat die verbruiker lees of verstaan, in ’n mate wat redelik is met inagneming van gebruik, praktiese uitvoerbaarheid, koste, streeksomstandighede en die balans van die behoeftes en voorkeure van die bevolking.

Helpmekaar Studiefonds MSW is verplig om Kredietdokumentasie in ten minste twee amptelike tale aan te bied.

Die doel van hierdie Taalbeleid (“Beleid”) is om uitvoering te gee aan die reg van die verbruiker soos uiteengesit in artikel 63 van die NKW, soos dit betrekking het op kredietooreenkomste wat met Helpmekaar Studiefonds aangegaan is.

Section 63 of the National Credit Act, No. 34 of 2005, as amended (“NCA”) states that a client (customer) has a right to receive any document that is required in terms of the NCA (“Credit Documentation”) in an official language that the client reads or understands, to the extent that is reasonable having regard to usage, practicality, expense, regional circumstances and the balance of the needs and preferences of the population. Accordingly,

Helpmekaar Studiefonds NPC, is required to offer Credit Documentation in at least two official languages. The purpose of this Language Policy (“Policy”) is, to give effect to the right of the client set out in section 63 of the NCA as it pertains to credit agreements concluded with Helpmekaar Studiefonds.

Doel van Beleid | Objectives of the Policy

Die doelwitte van hierdie Beleid is om:

  • Verseker dat Helpmekaar Studiefonds voldoen aan al die vereistes van die NKR (Nasionale Kredietreguleerder) in soverre dit betrekking het op die amptelike tale waarin Kredietdokumentasie verskaf moet word;
  • Verseker dat Kredietdokumentasie verskaf word in amptelike tale wat:
    • in lyn is met die dominante taalvoorkeure van die Helpmekaar Studiefonds-kliëntepopulasie; en
    • die behoeftes van die Helpmekaar Studiefonds-verbruikerspopulasie balanseer teenoor die praktiese uitvoerbaarheid daarvan dat Helpmekaar StudiefondsKredietdokumentasie in verskeie amptelike tale kan verskaf.
  • Verantwoordelikheid vestig vir die instandhouding en afdwinging van hierdie Beleid op ’n deurlopende grondslag.

The objectives of this Policy are to:

  • Ensure that Helpmekaar Studiefonds remains compliant with all the NCA requirements insofar as it relates to the official languages that Credit Documentation shall be provided;
  • Ensure Credit Documentation are provided in official languages that:
    • align with the dominant language(s) preferences of the Helpmekaar Studiefonds customer population; and
    • balances the needs of the Helpmekaar Studiefonds client population against the practicality of Helpmekaar Studiefonds being able to provide Credit Documentation in multiple official languages.
  • Establish responsibility for the maintenance and enforcing of this Policy on an ongoing basis.

Kommunikasie | Communication

Alhoewel Helpmekaar Studiefonds alles redelikerwys sal probeer doen om te verseker dat kliënte Kredietdokumentasie kan lees en verstaan, is dit nie prakties moontlik om Kredietdokumentasie in al elf amptelike tale te verskaf nie.

Helpmekaar Studiefonds het ’n besluit geneem oor watter amptelike tale gebruik sal word vir Kredietdokumentasie, met inagneming van gebruik, praktiese uitvoerbaarheid, koste, streeksomstandighede en die balans van behoeftes en voorkeure van Helpmekaar Studiefonds se kliëntepopulasie.

In die lig hiervan het Helpmekaar Studiefonds verkies om Kredietdokumentasie aan kliënte in Afrikaans & Engels (“Kommunikasietale”) te verskaf. Hierdie besluit is geneem met die volgende faktore in ag geneem:

  • Afrikaans is die maatskappy se primêre taal en ’n belangrike deel van die maatskappy se geskiedenis vir meer as 100 jaar; en
  • Engels wat beskou word as die primêre besigheidstaal in Suid-Afrika.

While Helpmekaar Studiefonds will endeavour to do everything reasonably possible to ensure that customers are able to read and understand Credit Documentation, it is not practically possible to provide Credit Documentation in all eleven official languages.

Helpmekaar Studiefonds has made a determination on which official languages to use for Credit Documentation by having regard to the usage, practicality, expense, regional circumstances and the balance of needs and preferences of the Helpmekaar Studiefonds’ s customer population.

Considering the above, Helpmekaar Studiefonds has elected to provide Credit Documentation to customers in either Afrikaans or English (“Communication Languages”). This determination was made by taking the following factors into account:

  • Afrikaans is the company’s primary language and an integral part of the company’s history for over 100 years; and;
  • English is regarded as the primary business language in South Africa.

Toeganklikheid en Inklusiwiteit | Accessibility and Inclusivity

Bemarkings- en Advertensiemateriaal

Alle bemarkings- en advertensiemateriaal is slegs in Afrikaans beskikbaar. Gewoonlik bevat bemarkingsmateriaal nie kliënteregte en/of -verpligtinge nie, en daarom is dit nie kostedoeltreffend of prakties om dit in ander tale te vertaal nie. Indien ’n kliënt enige verduideliking rakende bemarkingsmateriaal benodig, kan die kliën Helpmekaar Studiefonds se kantoor kontak en hulp ontvang in Afrikaans of Engels.

Marketing and Advertising material

All marketing and advertising material are available in Afrikaans only. Usually marketing material does not contain or communicate customer rights and/or obligations, therefore, it would not be cost effective or practical to translate it into other languages. Should a customer require any clarification regarding marketing material, the customer may contact Helpmekaar Studiefonds’ s office and receive assistance in Afrikaans or English.

Afleweringskanale

Alle afleweringskanale is slegs in Afrikaans beskikbaar, aangesien hierdie kanale nie uitsluitlik gebruik word vir die sluiting van kredietooreenkomste nie. Hierdie kanale bevat ook inligting rakende Helpmekaar Studiefonds sowel as sy produk- en diensaanbiedinge, en is digitaal van aard. Dit sal dus nie kostedoeltreffend of prakties wees om hierdie afleweringskanale in beide Kommunikasietale beskikbaar te stel nie, aangesien dit van Helpmekaar Studiefonds sal vereis om sagteware-ontwikkelings- en gasheerkoste aan te gaan wat buite verhouding is tot die behoefte om die kanale in beide Kommunikasietale aan te bied.

Delivery Channels

All delivery channels are available in Afrikaans only, as these channels are not used solely for the conclusion of credit agreements. These channels also host information pertaining to Helpmekaar Studiefonds as well as its product and service offerings and are digital. It would, therefore, not be cost effective or practical to have these delivery channels available in both Communication Languages as this would require Helpmekaar Studiefonds to incur software development and hosting costs that are disproportional to the need for the channels to be provided in both Communication Languages.

Kliëntediens

Die Helpmekaar Studiefonds het die vermoë om met kliënte te kommunikeer en hulle by te staan in beide Kommunikasietale vir enige kredietverwante navrae. Helpmekaar Studiefonds sal altyd poog om kliënte in staat te stel om die inligting wat aan hulle verskaf word te verstaan, en sal probeer om mondelings met die kliënt in sy/haar voorkeurtaal te kommunikeer, waar dit redelikerwys moontlik is, indien die Kommunikasietale nie duidelik of maklik verstaanbaar is nie.

Customer Service

Helpmekaar Studiefonds has the capability to converse with and assist customers in both Communication Languages for any credit related queries. Helpmekaar Studiefonds will always strive to enable customers to understand the information that is provided to them and will attempt to verbally communicate with the customer in his/her preferred language, where reasonably possible, where the Communication Languages are not clearly/easily understood.

Respek en Gelykheid

  • Alle tale en taalgebruikers sal met respek behandel word.
  • Geen diskriminasie op grond van taal sal geduld word nie.
  • Die organisasie streef daarna om ’n kultuur van taalwaardering en meertaligheid te bevorder.
  • All languages and language users will be treated with respect.
  • No discrimination based on language will be tolerated.
  • The organisation strives to foster a culture of language appreciation and multilingualism.

Nasionale Kredietwet: Nakoming | National Credit Act: Compliance

Helpmekaar Studiefonds onderneem om te voldoen aan Artikel 63 van die Nasionale Kredietwet (Wet 34 van 2005), en sal alle vereiste dokumentasie in Afrikaans en Engels beskikbaar stel, en in ander amptelike tale waar dit redelikerwys uitvoerbaar is.
Hierdie sluit in:

  • Pre-ooreenkomsverklarings en kwotasies[1]
  • Kredietooreenkomste[2]
  • Handhawingskennisgewings (bv. Artikel 129-kennisgewings)[3]

Helpmekaar Studiefonds undertakes to comply with Section 63 of the National Credit Act (Act 34 of 2005) and will provide all required documentation in Afrikaans and English, and in other official languages where reasonably practicable.
This includes:

  • Pre-agreement statements and quotations[4]
  • Credit agreements[5]
  • Enforcement notices (e.g. Section 129 notices)[6]

Hersiening van die Beleid | Policy Review

  • Hierdie beleid sal jaarliks hersien word.
  • Terugvoer van personeel en kliënte sal in ag geneem word tydens hersiening.
  • This policy will be reviewed annually.
  • Feedback from staff and clients will be considered during the review process.

Toegang tot die Taalbeleid | Access to the Language Policy

  • ’n Afskrif van hierdie Beleid sal op die amptelike Helpmekaar Studiefonds -webwerf (www.helpmekaarfonds.org)  gepubliseer word.
  • ’n Afskrif van hierdie Beleid sal ook elektronies beskikbaar gestel word, gratis, aan kliënte op versoek.
  • A copy of this Policy will be published on the official Helpmekaar Studiefonds website (www.helpmekaarfonds.org)
  • A copy of this Policy will also be made available electronically, free of charge, to customers upon request.

[1] Die Engelse weergawe van die dokumente is slegs beskikbaar op versoek.

[2] Die Engelse weergawe van die dokumente is slegs beskikbaar op versoek.

[3] Dié kennisgewings word deur ’n derdeparty-verskaffer gestuur.

[4] The English version of these documents is only available on request.

[5] The English version of these documents is only available on request.

[6] These notifications are issued through a third-party service provider.