Die Helpmekaar bestaan tans uit twee entiteite: die Helpmekaar Studiefonds staan lenings toe, terwyl die Helpmekaar Studiefonds-Trust rentebeurse beskikbaar stel aan behoeftige studente wat bestaande lenings het.
Die Helpmekaar Studiefonds en die Helpmekaar Studiefonds Trust word onderskeidelik deur ’n raad van Direkteure en ’n raad van Trustees beheer. Die Direksie en Trustees stel hulle dienste gratis beskikbaar en waak met groot kundigheid oor die belange van die Studiefonds en die Trust.
Personeel
Die Helpmekaar-kantoor in Bellville (Kaapstad) word deur mnr. Arrie Hanekom bestuur, met die hulp van vyf administratiewe beamptes, Retha Geldenhuys, Tania Pantony, André Dumont, Leonie van Rooyen en Laurika Jansen van Nieuwenhuizen.

Direksie
Die Direksie van die Helpmekaar Studiefonds bestaan uit:
- Ds. Gerrit Kritzinger (voorsitter), voormalige uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
- Mnr. Ritzema de la Bat (onder-voorsitter), prokureur by Van der Spuy & Vennote en voorsitter van die Hugenote Gedenkskool
- Mnr. Andries Domburg, argitek by Theunissen Jankowitz , Ondervoorsitter van die Anglo Boere-oorlogmonument-trusteeraad,
Voorsitter van MentorVennoot Direksie - Mnr. Hardie Malan, voormalige vennoot van PricewaterhouseCoopers
- Mev. Jenene Petersen, voormalige hoof van Korttermyn Likiditeitsbestuur, Absa Groep Tesourie, tans koördineerder van Mergon Ontwikkelings Inisiatief (MOI)
- Mev. Ronélle Raubenheimer, afgetrede prokureur en aktebesorger
- Hendrik Heÿl, besturende direkteur van Sallies Industrial Minerals.
- Mnr. Kockie van der Merwe, voormalige streekshoof Binneland en Tuinroete: Nedbank Besigheidsbankdienste
- Mnr. Kobus van der Westhuyzen, besturende direkeur van Leeu Collection South Africa en voormalige Hoof Finansiele Beampte van Village n Life Groep
- Prof. Steward van Wyk, voorsitter van die departement Afrikaans & Nederlands, Universiteit van Wes-Kaapland en raadslid van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
- Mev. Johanna Vos, voormalige hoof van kinder- en jeugboeke by Tafelberg-Uitgewers, vryskut- taalpraktisyn en vertaler.
- Trustees
Die Raad van Trustees van die Helpmekaar Studiefonds Trust bestaan uit:
- Ds. Gerrit Kritzinger (voorsitter)
- Mev. Ronélle Raubenheimer
- Mnr. Kockie van der Merwe
- Mev. Jenene Petersen