Die Helpmekaar Studiefonds is ‘n maatskappy sonder winsmotief wat bekostigbare studiehulp aan kwalifiserende studente bied. In ruil vir sy ondersteuning verwag die HSF van studente om nougeset in hul studies te wees en getrou hul lenings volgens hul ooreenkoms terug te betaal. Die kapitaal en rente wat leners terugbetaal, help weer ander studente om in die toekoms te studeer.


As jy “JA” kan antwoord op die volgende twee vrae, kan jy op ons Aanlynportaal registreer en dan elektronies aansoek doen vir ‘n HSF Studielening

Gaan jy in 2026 voltyds studeer by ‘n instansie waarvan dié spesifieke kursus by SAQA (South African Qualification  Authority) of die Dept. van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) geakkrediteer is? 

Is daar iemand wat bereid is om vir jou Borg te staan?
’n Borg is iemand wat onderneem om mede-verantwoordelikheid vir jou skuld te aanvaar (meestal ‘n ouer).

Volgende stappe

Registrasie

  1. Gaan deur die Algemene Inligtingstuk sodat jy presies verstaan wat die studielening behels.
  2. Kry solank jou dokumente gereed – maak seker dat jou dokumente kleiner as 10MB is en geen wagwoord bevat nie. Jy hoef nie bevestiging van ‘n instansie te hê om jou aansoek te voltooi nie, maar kan versoek word by spesifieke keuringsprogramme bv. Medies.
  3. Stel vas watter bedrag jy wil leen vir jou studieperiode. Maksimum bedrae vir 2026 is:
    • R120 000 p.j. vir MBChB/BVSc/BDS
    • R100 000 p.j. vir graadkursusse
    • R80 000 p.j. vir diplomas of sertifikate
    • R95 000 p.j. vir Isa Carstens-programme
    • R120 000 p.j. vir Sol-Tech & CTIA
    • R60 000 p.j. vir Voltydse Afstandsonderrig (bv. UNISA).
  4. Studente uit gesinne met ‘n bruto jaarlikse inkomste van R350 000 of minder, word nie normaalweg vir ‘n studielening by die HSF oorweeg nie aangesien hulle kwalifiseer vir ‘n NSFAS-beurs.
  5. Nou is jy gereed om te registreer – aansoeke sluit jaarliks
    op 30 September.
  • Vir die beste gehalte, gebruik ‘n Chrome browser (op ‘n rekenaar – nie ‘n selfoon nie).
  • Registreer asseblief met die STUDENT se Naam, ID nommer en e-posadres. Die Borg en die Student se e-posadresse moet van mekaar verskil.
  • Wanneer u geregistreer het, sal u ‘n e-pos met u gebruikersnaam en wagwoord ontvang. Indien u nie die
    e-pos binne 10 minute ontvang nie, kontak asseblief ons kantoor
    by 021 930 8155.
  • BAT- en Heineken-aansoeke kan nie deur hierdie portaal gedoen word nie. Kontak asseblief u werkgewer.
  • Alle persoonlike en finansiële inligting van aansoekers en borge word streng vertroulik hanteer. Sien ons Privaatheidsbeleid vir meer inligting.

Aansoeke vir 2026 is nou oop en sal 31 Oktober 2025 sluit.

Aansoeke wat na 31 Oktober 2025 ingedien word, word beskou as laat aansoeke.

Slegs ’n beperkte getal laat aansoeke sal oorweeg word indien dit volledig (dokumentasie & inligting) is en aan al die HSF se vereistes voldoen.

Indien jy nie na 10 minute die epos met intekenbesonderhede ontvang het nie, kontak asseblief die kantoor.