Alexander

Graag wil ek die Helpmekaar Studiefonds geweldig bedank vir die rentebeurs asook die oorhoofse finansiële ondersteuning wat die fonds my bied.  U help my om gefokus te bly op my studies en gee my ‘n beter vooruitsig op ‘n suksesvolle loopbaan.  Ek sien uit na die dag wanneer ek kan teruggee aan die Helpmekaar Studiefonds op beide ‘n direkte en indirekte wyse.