Barry van der Merwe

Barry is in 1947 in Kaapstad gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool J.J. du Preez.

Barry het op Stellenbosch studeer en ‘n B.A., S.O.D. en B.Ed. behaal, en was veertien jaar lank onderwyser by Zwaanswyk- en Tygerberg-Hoërskool en Tygerberg Hoër Handelskool.

In 1984 word hy Vakadviseur (Afrikaans), en vanaf 1987 is hy vier jaar lank Onderwysbeplanner, beide betrekkings by die Namibiese Onderwysdepartement.

In 1991 aanvaar hy diens by die Stellenbosch Stigting van die Universiteit van Stellenbosch se afdeling Bemarking en Kommunikasie.

Sedert Januarie 2007 werk hy as bestuurder by die Helpmekaar Studiefonds.

Barry het drie kinders en ses kleinkinders en woon in Durbanville.