Thank you for funding my first year of University. I am forever appreciative that I am able to further my education and study the material that I have grown very fond of.
Danica
Baie dankie vir julle moeite met ons dogter se aansoek. Dankie dat julle vir ons en ons kind goed is – dit word opreg waardeer!
Deidre
Vandag is dit vir my ‘n groot voorreg om dankie te sê aan Helpmekaar Studiefonds. Dankie is nie genoeg nie, dit weet ek! Maar die fonds maak dit vir baie studente moontlik om hul doelwit in die lewe te bereik. Ek geniet my werk elke dag en dis lekker om ‘n verskil te kan maak.
Lizette
Julle sal nooit weet hoeveel julle Helpmekaar fonds beteken vir *R* en ander kinders wat regtig wil studeer nie. God seën elkeen van julle wat werk met hierdie doel om mense te help en te bemagtig.
Ursula
Die HSF het dit vir my moontlik gemaak om my droom te verwesenlik. Dié sterk fondasie sal my ondersteun in my strewe na sukses, en die diens wat ek aan die mensdom wil lewer.
Ruan (2019 Algehele Wenner)
Ek wil net uit my hart uit baie baie dankie se vir die rentebeurs. Ek waardeer dit regtig ongelooflik baie en sal die jaar nie teleurstel met my punte nie. Baie dankie vir die geleentheid wat Helpmekaar my bied.
Ruan
HSF het my in staat gestel om te gaan studeer in ’n rigting waaroor ek passievol is sonder bekommernisse oor finansiële struikelblokke.
Anri (2019 Top 5)
Graag wil ek die Helpmekaar Studiefonds geweldig bedank vir die rentebeurs asook die oorhoofse finansiële ondersteuning wat die fonds my bied. U help my om gefokus te bly op my studies en gee my ‘n beter vooruitsig op ‘n suksesvolle loopbaan. Ek sien uit na die dag wanneer ek kan teruggee aan die Helpmekaar Studiefonds op beide ‘n direkte en indirekte wyse.
Alexander
Sonder HSF sou ek nie my graad kon verwerf nie. Helpmekaar het my gehelp om my droom ’n realiteit te maak en daarvoor is ek so dankbaar!
Isél-Mari (2019 Top 5)
Baie dankie dat julle altyd so vinnig antwoord. Julle effektiwiteit verbyster my altyd. Dis regtig ‘n voorreg om Helpmekaar in ons lewens te hê.
Leonie
HSF het my gehelp sodat ek my voorgraads en honneurs kon voltooi en nou Medies kan studeer. Ek is en sal ewig dankbaar wees dat die HSF my gehelp het sodat ek verder kan leer, en dat ek daarom, eendag ’n verskil in iemand anders se lewe sal kan maak.
Jance (2019 Top 5)
Ek het lanklaas so ‘n vriendelike span ontmoet. Ander instansies doen nie soveel moeite om te verduidelik en op te volg nie. Sterkte met alles wat julle doen vir ons kinders.
Ursula
HSF het vir my gewys dat omgee en ondersteuningsnetwerke ook buite familiegrense kan bestaan. Ek sal HSF altyd dankbaar wees vir die geleentheid wat ek gekry het en die deure wat geopen is.
Isabelle (2019 Top 5)
Baie dankie vir die volgehoue hulp tydens *J* se studiejare. Sy het ‘n suksesvolle studieloopbaan agter die rug en dis deels te danke aan die feit dat sy nie finansiële bekommernisse gehad het. Helpmekaar doen beslis wat hul naam se: HELP-MEKAAR!
Rosa
Baie dankie vir al jul hulp en ondersteuning oor al die jare wat ek met jul gewerk het. Julle was nog altyd net gaaf en behulpsaam.
Huibrecht
Hiermee wil ek net baie dankie sê vir al die moeite en opofferings en in dieselfde asem dankie sê vir die uitbetaling wat aan my gemaak is.
Dawn
In ons harte is ons dankbaar vir die geleentheid wat julle vir *M* gegee het om te leer en om haar studies te kan voltooi. ‘n Mamma is trots op haar dogter as sy daar op die verhoog loop en haar graad is in haar hand. Julle kry seker 100e sulke briewe, maar weet net dat ons dankbaar is.
Deidre
Ongeveer ses jaar gelede het ek met my hoed in my hand by julle kom staan vir hulp vir my kind se studies. Julle het dit vir my moontlik gemaak om my kind universiteit toe te stuur.
Helpmekaar was een van net twee instansies was wat hoegenaamd bereid was om ons te help. Ek gaan elke dag op my knieë om dankie te sê vir die Here. Mag die Here julle seën in jul werksaamhede in die toekoms soos wat julle ‘n seën is vir mense soos ons.
Hendrik
Na amper 6 jaar is ek opgewonde om my skuld vaarwel te groet!!!!
Baie dankie vir alles wat jul by die Helpmekaarfonds vir my en ander gesinslede gedoen het. Ons waardeer dit opreg. Sonder jul sou ek nie wees wat ek vandag is nie. Nogmaals dankie!
Nicolene
Ek wil ook net van my kant af verskriklik baie dankie sê aan Helpmekaar. Dit sou nooit vir ons moontlik wees om *M* deur universiteit te help sonder julle onbaatsugtige “helpende hande” nie. Dankie vir die studiegeld, maar ook baie dankie vir julle soveel keer se verstaan, wanneer dit regtig broekskeur gegaan het om die paaiemente te betaal.
Helpmekaar, doe zo voort!
Willem